Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geesdrif vir trots deur ego gedemp

Die rompslomp en vals beloftes aan die groep Oumas van Kroonstad, wat die verkeersirkel en middelman by Suidweg en Van der Lingenstraat by die Sarel Cilliers-brug wil regruk, demp dié vrywilligers se geesdrif geweldig.

Hoe is dit moontlik dat ’n hoogsbetaalde direkteur nie die bestuurders wat onder hom of haar werk, in die hande kan kry om antwoorde te kry vir aansoeke om die dorpstrots kosteloos te herstel nie?

Wat van die weeklikse of daaglikse beplanningsvergaderings wat só ’n departement veronderstel is om te hou?

Waarom word die regte van die lede van die publiek om insette (let wel, positiewe insette) vir die dorp te lewer, nie erken nie?

Die Oumas van Kroonstad is mense met ondervinding wat hul kennis en vaardigheid, met geen koste, tot voordeel van die gemeenskap en ter bevordering van die algemene beeld van Kroonstad wil aanwend.

Dit is geen geheim dat die Moqhaka-munisipaliteit se geld­sake beroerd is nie.

Maar by dié einste munisipaliteit word mense nie sommer afgedank nie.

Talle mense is steeds werksaam by die parke-afdeling, maar dit blyk dat toerusting en voldoende toesighouding, asook die same­werking om ’n gemeenskaplike projek te ondersteun, in die wiele gery word deur burokrasie en die “eie ek”.

Ongeag die geleentheid wat vir gemeenskapsamewerking geskep word en die voorbeeld wat die Oumas van Kroonstad stel, sal enigiemand se geesdrif, hul gevoel van vuur en vlam, deur negatiwiteit geblus word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.