Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde 41’er oorlede

Te midde van die opgewondenheid oor Tafelronde 42 se tweejaarlikse melodrama wat op die planke gebring word, word trane van hartseer afgevee oor die afsterwe van ’n Tafelaar, Pero Roux (42).

Roux, wat ’n getroue 41’ers lid van Tafelronde 42 was, is Saterdagoggend (27/10) in ’n motorongeluk, enkele kilometers van sy huis, oorlede.

Hy het onlangs vanaf die Wes-Kaap na Kroonstad, sy geboortedorp, teruggetrek.

Tafelaar Spidey Knepscheld sê Roux was passievol oor die werksaamhede van Tafelronde 42.

“Hy het Saterdagoggend nog ná die melodrama-vertoning in die Allen Rautenbach-saal sowat 40 kaste koeldrank vir die volgende vertoning uitgepak en die saal gesluit.

“Ons vermoed dat hy onderweg na sy plaashuis dalk aan die slaap kon geraak het,” sê Knepscheld.

Roux was in 1994 ’n matrikulant aan die destydse Hoër Landbouskool in Kroonstad.

“Hy was ’n Kroonstadter in murg en been, ’n goeie pa vir sy dogter en stiefpa en -oupa.

“Ons sal sy nalatenskap in die organisasie baie mis,” sê Knepscheld.

Intussen stroom medelye vir sy naasbestaandes oor sy afsterwe op Facebook in.

’n Roudiens word Donderdag (01/11) om 12:00 in die NG kerk Kroonheuwel-Noord gehou.

Roux word oorleef deur sy vrou, Marina, dogter, Kara, stiefdogter, Cindy-lee, en haar man Sarel Jansen van Vuuren, en ’n stiefkleinseun.

Sy ouers is Pieter en Daisy Roux van die Kroonstad-distrik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.