Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap bou steen vir steen saam aan kerk en bou geloof uit

Die Christian Revival Church (CRC) in Maokeng is in die middel van die township geleë.

Volgens past. Johan Botha is dit ’n wonderwerk dat die gemeente dié perseel gekry het.

Die lidmate van die CRC beplan om die grootste kerk in die dorp te bou en is besig om hul eie stene te maak, en ook daarvan te verkoop.

Diegene wat wil help, kan ’n steen teen R10 koop en sodoende help om die reeds voltooide staalkonstruksie in ’n veeldoelige sentrum te laat verander.

Sulensa Dalziel, ’n weldoener van Kroonstad, het vir twee behoeftige kinders klere na die perseel geneem en was verras met die vordering van die gebou.

Sy wil meer mense van CRC se bedrywighede bewus maak deur ’n lofprysingsgeleentheid aan te bied.

Tydens dié geleentheid wil sy mense aanmoedig om ’n steen te koop.

“Johan Botha het gevra vir beskerming en dat die onmoontlike moontlik gemaak word vir dié dag soos God dit beplan het. My plan gaan werk,” sê sy.

Tydens die lofprysing sal plaaslike gospelsangers optree en die In Nood Kroonstad-kosprojek gaan ook die Woord met sang bedien en help om bakstene te verkoop.

Bel Dalziel by 083-304-3218.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.