Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geriewe verval

Die Môrewag-swembad in Kroonstad is die enigste Olimpies-standaardgrootte swembad waar provinsiale en nasionale swemmers van die dorp kan oefen en waar swemgalas aangebied kan word. Dié swembad verval egter.

Marelize Boeije, DA-wyksraadslid, sê die pype van die swembad is in Junie en Julie opgegrawe om glo herstel te word.

“Toe die pype vir die storm­waterdreinering oopgegrawe is, is ontdek dat daar nog foute is, en boonop is die swembad glo gebars. Die slote lê nou oop en is gevaarlik, en die swembad is vir die publiek gesluit. ”

Tenders word blykbaar aangevra vir die herstel daarvan.

“Ons (die DA) probeer uitvind hoe lank dit sal neem voordat die swembad weer heeltemal herstel en skoon sal wees.”

Boeije reken egter dit sal nie teen Januarie 2019 wees nie, juis wanneer dit swemgalatyd is.

Kroonnuus het verneem die swembad sal waarskynlik tot aan die einde van die swem­seisoen gesluit wees.

Die Môrewag-swembad is in wyk 3 geleë en die wyksraadslid Dan Morabe is vroeër vanjaar oorlede. ’n Tussenverkiesing word eersdaags gehou. Boeije en Spaski Geldenhuis tree as waarnemende wyksraadslede op.

“Die enigste munisipale swemgeriewe wat vir die publiek beskikbaar is, is Kroonpark se verhitte swembad en die buiteswembad, asook die swembad in Brentpark,” sê Boeije.

Benewens ontspanningswaarde vir inwoners wat met die verval van die Môrewag-swembad in gedrang is, moet die Valsrivier-swemklub groot koste aangaan om sy lede te laat oefen.

Beth Lordan, meesterswemmer van Kroonstad, is hartseer oor die toestand van die swembad.

“Ek moet maar by Kroonpark gaan swem en oor naweke oefening in die Bloemhoekdam inkry,” sê sy.

Lordan was eertydse toesighouer van die Noordoewer-swembad en toe later Kroonpark, voordat sy afgetree het. Die Noordoewer-swembad is al vir meer as twee dekades in onbruik en word ’n boemelaarsvesting.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) se olimpies-standaardgrootte swembad met paviljoen is ook al vir meer as twee dekades in onbruik.

’n Skriftelike medianavraag oor die toestand van die Môrewag-swembad is aan die munisipale woordvoerder gerig, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.

  • Lees aanstaande week oor die swemprestasies van meesterswemmers van Kroonstad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.