Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gholf stil die honger

Die jaarlikse Pienkbal-gholfdag, waarvan die inkomste belê word in ’n fonds om honger kinders te voed, was in die verlede ’n dawerende sukses.

In 2017 het 90 gholfspelers deelgeneem en 60 spelers het ná afloop van die gholfdag met ’n prys huis toe gegaan.

André Joubert, organiseerder van die Pienkbal-gholfdag, beoog om vanjaar minstens R50 000 vir dié kinderprojek in te samel.

Die geld word deur die NG kerk Kroonstad-Oos vir voortdurende kosgee-projekte aangewend.

Joubert neem die vrymoedigheid om mense te nader vir pryse of skenkings vir dié hoogtepunt op die Kroonstad-buiteklub se gholfkalender, wat vanjaar op Saterdag 10 November gehou word.

“Al speel jy nie gholf nie, kan jy die dag saam geniet en iets lekker by die klub se spysenier, Helena Boshoff, nuttig. Kom maak ’n verskil in ’n honger kind se lewe,” sê Joubert.

Belangstellendes wat ’n bydrae wil lewer, kan Joubert by 056-212-2050 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.