Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gholfdag help met kosnood

Saterdag (08/09) kan gholf­spelers – dié wat ’n amptelike voorgee het én dié wat sommer vir die pret speel – groot vleispryse wen.

Die NG kerk Kroonstad-Suid bied in samewerking met die Northern Free State Care Givers (NFSCG) ’n gholfdag aan.

Op dié geleentheid kan kinders jonger as 16 hul eie pryse teen inskryfgeld van R50 per deel­nemer losslaan.

Jongelinge kan reeds van 08:30 af afslaan.

Inskryfgeld vir die volwassenes is R150 per persoon.

Die dag se spel in die beterbalkiesspel-formaat sal om 12:00 met die afvuur van ’n skoot begin.

Dr. Hannes Els, leraar van die gemeente, sê die kerk bied dié gholfdag aan om die Northern Free State Care Givers (NFSCG) en mense met ’n kosnood by te staan.

Om jou in te skryf, skakel 056-212-5169 of 083-399-0353.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.