Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gholfklub wys erelede aan

Die gholfklub van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in Kroonstad het Saterdag (01/09) erelidmaatskap toegeken.

Engel Engelbrecht het reeds in 2003 erelidmaatskap ontvang, maar die huidige bestuur het besluit om hom weer te vereer. Jare lange lede verwys na die laaste putjie op die baan as “Oom Engel se gat”.

Louis Botha, “Koning van putjie 6”, is ’n lid wat ’n besonderse liefde vir gholf het, en daar moet ’n baie groot geleentheid elders wees vir hom om ’n gholfdag mis te loop.

Ben Jacobszstet weet presies wat op dié gholfbaan aangaan. Sy bevordering van die klub se bedrywighede word hoog op prys gestel, sê Janneman Els van die klubbestuur.

Tienie de Wet is “ ’n jongman” in vergeleke met die ander erelede. Hy spog egter met talle kolhoue op dié baan.

Reynier Bekker kon nie die geleentheid bywoon nie en ’n ander geleentheid sal gereël word om aan hom erelidmaatskap toe te ken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.