Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gholfklubs heropen onder toepassing van streng maatreëls

“Spelers mag weer gholf speel, wat vir die Kroonstad Country Club baie beteken,” sê Sarita Sadler, president van die Vrystaatse Vrouegholf-unie.

“Die afgelope twee en ’n halwe maande dat die gholfklubs gesluit was, het die klubs finansieel ’n knou gekry.”

Die Kroonstad Country Club moes volgens die nuwe voorskrifte aan sekere vereistes voldoen voordat hy kon heropen.

Die klub het alle maatreëls in ooreenstemming met sy plan vir risikoverkleining ingestel, wat insluit verkorte bane, en het ’n voldoeningsbeampte.

Hoewel die baan, gholfwinkel, administrasiekantoor en Kroonstad Country Club Caterers oop is, is die kroeg op die perseel steeds gesluit.

Alle individue wat by die klub wil gholf speel, moet maskers dra. Dit geld ook wanneer spelers op die baan is en daar nie ’n sosiale afstand van 2 m tussen spelers gehandhaaf kan word nie.

Die riglyn van 2 m as vereiste afstand geld vir windvrye dae en op winderige dae moet daar ten minste 5 m se afstand tussen spelers gehandhaaf word.

Die joggies moet ook maskers dra en gehoor gee aan die handhawing sosiale afstand.

Alle werkers van die klub se temperatuur word twee maal per dag gemeet en spelers s’n wanneer hulle geregistreer word.

Dit is ook ’n streng vereiste dat spelers handreiniger by hulle dra en dat hulle hul gholftoerusting gereeld skoonmaak.

Slegs een speler word op ’n gholfkarretjie toegelaat.

Daar is ook veranderinge by vlagstokke aangebring sodat spelers balle makliker kan uithaal sonder om aan die stokke te vat.

Die tellingkaarte hoef nie deur spelers geteken te word nie en tellings sal mondelings gekommunikeer word.

GolfRSA se Covid-19-voorsorgmaatreëls en brosjures is oral in die klub aangebring om spelers ingelig te hou.

Die maatreëls is ook op golfrsa.com beskikbaar.

Rig navrae deur die klub by 056-212-5169 te kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.