Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Griekwa-tak behaal al hoe meer sukses

Die Griekwa-tak in Brentpark behaal toenemend sukses.

Hoofman Frank Jaftha van Brentpark is daaraan toegewy om herlewing onder die bruin bevolking, wat hul herkoms betref, te bevorder. Die Griekwas was een van die eerste inheemse stamme in Suid-Afrika.

Hy het reeds dekades gelede die herkoms van die Griekwa en ander stamme van die Khoisan, Khoi, San, Nama en die Koranna (ook Korana) met poppe demonstreer.

“Ek is toe uitgelag. Vandag besef die mense ons het ’n reg as eerste inwoners van die land,” sê Jaftha.

Hy sê die Griekwa-tak in Brentpark, onder sy leiding, en met Salmien Jantjies as die voorsitter van die vroueliga, behaal al meer sukses.

Die tak word by die ou polisiekantoor in Brentpark gehuisves. Hier word baie geestelike bediening ook gedoen, sê hy.

“Ek is die eerste Griekwa wat die Khoisan onder die aandag van ons mense gebring het.

“Daar is baadjievangers, draadsitters en geldjagters.

“Bedrog moet gestop word. Ek is positief dat ons in die regte rigting beweeg,” sê Jaftha.

Hy beoog om die werksaamhede van die tak onder die aandag van die burgemeester van Moqhaka, Tshidi Koloi, te bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.