Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groep bied ondersteuning om verslawing te oorwin

Die Christelike Afhanklik­heidsdiens (CAD) is ’n selfhelp-nasorggroep wat weekliks in verskeie dorpe en woonbuurte vergader.

Die meeste van die groep se leiers is mense wat voorheen aan alkohol, dwelms en medi­syne verslaaf was.

Hulle werk as vrywillige beraders om ander te help wat sukkel om verslawing te oorwin.

Hulle gee gesinslede ook wenke oor hoe om hul geliefdes tot nugterheid te bemoedig.

Die nasionale voorsitter, Rene Combrink, sê Jesus het haar op 15 Oktober 1977 van alkohol verlos.

Sy het saam met die destydse Christelike Alkoholiste Vereniging in Bloemfontein die pad na herstel begin loop.

In 1979 het Combrink na Kroonstad verhuis, waar sy by die CAD betrokke geraak het.

Sy is later tot voorsitter van die Kroonstad-groep verkies.

In 1988 is sy tot die voor­sitter van die Vrystaat-groep verkies en in 1995 tot die nasionale voorsitter.

“Dit was my voorreg om van 1998 af te sien hoe die CAD van drie groepe na 22 volwaardige groepe in die Vrystaat groei,” sê Combrink.

Sedertdien het die groepe egter verminder, omdat die organisasie nie heeltydse personeel kan bekostig nie.

Combrink het intussen na Johannesburg verhuis, waar sy hoop om ook CAD-groepe te stig.

Daar is 71 groepe oor die land heen, waarvan slegs een in Gauteng is.

Mense wat hulp nodig het kan elke Dinsdag om 18:00 die CAD-vergadering by die NG kerk Kroonstad-Suid bywoon.

Jacques Botha van Edenville, die Vrystaatse voorsitter, kan by 072-125-0506 gebel word vir meer inligting oor die CAD.

Kroonstadters kan Hennie Rautenbach, die Kroonstad-voorsitter, by 082-419-0391 bel, of Esta Delport, sekretaresse, by 083-951-5205.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.