Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groep wil dorp se glorie herstel

’n Oud-Kroonstadter in murg en been het ondernemingsgees getoon en die Kroonstad Cleanup Group begin om die dorp weer skoon en mooi te maak.

“Die doel van die groep is om die dorp weer mooi en netjies te maak soos wat Kroonstad in die verlede gelyk het. Inwoners weet Kroonstad was een van die mooiste dorpe, en ons hoop om dit weer te doen,” sê Phillip van den Heever, wat aan die stuur van die groep is.

Die S-brug is die fokus van een van die groep se vele projekte en opknappingswerk is in Desember begin. Die randstene van die brug is geverf en die heining weerskante van die brug word nou herstel.

Een van die groep se ander projekte is om die ruimte agter een van die supermarkte in die dorp op te ruim. Daar word ook beoog om die parkies in die dorp in stand te hou.

“Ons is baie dankbaar vir elke borg wat dit vir ons moontlik gemaak het. Sonder die borge kan ons nie die projekte aanpak nie.”

Enigeen wat by die projekte betrokke wil raak, kan Van den Heever by 083-310-3309 of 082-618-7446 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.