Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Herinneringe gekoester

’n Veelsydige netbalspeler en hoofmeisie van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) sê sy mis netbal – en sport oor die algemeen – ongelooflik baie.

Johané van Coller (18) is baie teleurgesteld oor hoe haar sportloopbaan vanjaar deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery is.

“Ek is hartseer oor die jaar se sport wat verlore is, want dit was ons matrieks se laaste kans om in die onderskeie sportspanne leiding te neem; ons laaste jaar om ons slag op die sportveld te wys,” sê sy.

Sy is ’n veelsydige netbalspeler wat as senter, verdedigende vleuel, hulpdoelverdediger of verdediger vir haar skool se eerste netbalspan uitdraf.

Johanné reken dié span sou beslis vanjaar sy mededingers laat les opsê.

“Die span bestaan meestal uit seniors, en ons was gereed vir ’n opwindende netbalseisoen.”

Sy het nie ’n spesifieke rolmodel nie, maar bewonder een van haar vorige spanmaats.

Sy het in 2018 saam met Danica van Zyl gespeel.

“Ek het haar vinnige spel baie bewonder – ek hou ook daarvan om vinnig te speel,” sê sy.

Die jaarlikse Vrystaat­beker-netbal­toernooi en die Vrystaat-netbalproewe was altyd vir haar ’n hoogtepunt, maar weens die pandemie is dit nie vanjaar vir netbalspelers beskore nie.

Johané het al in die verlede vir die Noord-Vrystaat-, Fezile Dabi- en Vrystaat-netbalspan uitgedraf, en was in 2017 deel van die Fast Five-netbalspan.

Een van die hoogtepunte in haar netballoopbaan is toe haar span verlede jaar in die Vrystaatbeker-toernooi in Bloemfontein teen die Hoërskool Sentraal te staan gekom.

Ná ’n naelbytstryd het Rooies met ’n strafdoel gelykop geëindig.

Johané is ook ’n uitblinker op die tennis- en atletiekbaan, en het in gr. 8 en gr. 9 vir die Noord-Vrystaat hokkie gespeel.

Totdat sy verneem het dat netbal vanjaar van die baan is, het sy tydens die inperking verskeie oefenprogramme gevolg.

Nou draf sy om fiks te bly en gebruik die ekstra tyd om op akademie te fokus.

Sy beoog om haar aan die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom as ’n geoktrooieerde rekenmeester te bekwaam.

Sy hoop dat sy daar haar netballoopbaan sal kan voortsit, en sien uit na die nuwe hoofstuk in haar lewe.

Johané is ’n trotse lid van die Rooies-familie en sê sy gaan die skool volgende jaar mis.

“Die herinneringe wat ek en my spanmaats kon maak, sal ek altyd bly koester.”

haar haar lewe lank bybly.Sy is ook baie dankbaar dat sy saam met haar mede-spanmaats die vorige jare mooi en spesiale herinneringe kon maak.

Ek is hartseer oor die jaar se sport wat verlore is. – Johanné van Coller

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.