Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoë ook op polisielid se diens

Bheki Cele, die minister van polisie, was Sondag (16/02) een van verskeie rouklaers wat hul laaste hulde gebring het aan ’n polisieman wat aan diens gesterf het.

Die Vrystaatse polisie het Saterdag (15/02) in ’n verklaring bevestig dat Cele die begrafnisdiens van sers. Lloyd Poonyane van Viljoenskroon sou bywoon.

Poonyane (41) is op Saterdag 8 Februarie noodlottig gewond in Orkney in Noordwes toe hy en sers. Lydia Tladi (45) op klagtes in die Vierfontein-omgewing gereageer het.

Poonyane is dood nadat hy ’n skietwond aan sy bors opgedoen het. Tladi is in haar been gewond.

Twee verdagtes wat met die lede se dienspistole en ammunisie gevlug het, is die volgende dag in onderskeidelik Soweto en Embalenhle in Secunda aangekeer.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale woordvoerder, is Poonyane Sondag omstreeks 08:00 vanuit die Mphatlalatsane-skool in Rammulotsi, Viljoenskroon, begrawe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.