Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou ons

Saterdagaand 1 Junie is die strate van Kroonstad opgehelder met die ligte van bykans 40 voertuie as deel van ’n veiligheidbewusmakingsveldtog.

Dié massa-bewusmakingspatrollie is deur die Kroonstad-buurtwag in samewerking met belanghebbende owerhede gehou.

Sowat 40 voertuie met 50 patrollielede was betrokke.

Die bewusmakingspatrollie word gereeld gehou om sigbaarheid te verseker.

Dit wil voorkom of daar ’n redelike toename in misdaad is.

Dié patrollies word gery om die gemeenskap veiliger te laat voel, asook om die teenwoordigheid van die buurtwag en ander owerhede sigbaar te maak.

Dit is ’n baie prysenswaardige gebaar van die buurtwag.

Namens die gemeenskap spreek Kroonnuus sy dank teenoor die organisasie uit.

Dit is gerusstellend om te weet dat daar bekwame mense op bystand is indien noodgevalle in die gemeenskap sou opduik.

Die gemoedsrus wat dit meebing, is van onskatbare waarde vir die dorp se inwoners.

Die onbaatsugtigheid van die buurtwag se lede om hulle beskikbaar te stel vir sulke belangrike diens aan hul medemens, dwing die grootste respek af.

Sedert April 2014 lewer die gedugte span vrywilligers, in samewerking met die owerhede van Kroonstad, dié puik diens aan die gemeenskap.

Dit lei geen twyfel nie dat die passievolle werk van die buurtwag in samewerking met die betrokke owerhede ’n groot verskil in die dorp maak.

Kroonnuus wens die lede alles van die beste toe en hoop hulle sal net van krag tot krag gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.