Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Huil, maar vertrou dan

Kennisgewings op my foon kondig die een stukkie slegte nuus ná die ander aan.

Ek lees: Covid-19 – Suid-Afrika is nou in die top 10; So lyk vandag se beurtkrag; Brandstof: Maak reg om nog meer te betaal; SAL-sake­reddingsplan “waan­sinnig”; Man in hof wat vriendin glo aan die brand steek; Soektog na skrander jongman eindig tragies; Wynbedryf sleep regering hof toe; Nog ’n groot handelsnaam maak sy deure toe; Nestlé onttrek twee gewilde sjokolades van die mark.

Tussendeur piep die foon met nuus oor nog ’n plaasaanval, nog ’n moord, nog ’n staking, nog en nog.

Ek voel soos Nehemia daardie dag toe ’n klompie manne uit Juda by hom opdaag en hy navraag doen oor Jerusalem en die Judaïete wat ná die ballingskap daarheen teruggekeer het. Hy hoor toe hierdie skokkende nuus: “Die ballinge wat teruggegaan het, beleef daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad.” (Neh. 1:3, NAV)

Hierop reageer Nehemia só: Toe ek hierdie slegte nuus hoor, het ek gaan sit en huil. Ek was so hartseer dat ek dae lank niks geëet het nie. (Neh. 1:4, Die Boodskap)

Ek wil waag om te sê ek is nie die enigste wat soos Nehemia voel nie. Dag ná dag word die oproepe net meer van mense wat sê: “Help, dominee, ek cope nie meer lekker nie.”

Een vrou sê: “Ek wil net op ’n hopie gaan sit en huil en huil en nooit weer ophou huil nie.”

Dit laat my besef ook sy voel soos Nehemia gevoel het.

Miskien is dit nou ’n goeie tyd om te kyk wat Nehemia met sy seer gedoen het, want dit kan dalk vir my en jou help in die hantering van die slegte nuus wat ons amper uur ná uur moet aanhoor.

Ek leer by Nehemia ’n paar baie belangrike lesse:

  • Hy sê nie vir die manne uit Juda dat dit nie sy probleem is nie. Hoewel hy : “Gelukkig is dit nie my probleem nie – ek is ’n veilige 1 000 km weg van Jerusalem is, word sy mense se seer en ellende syne.
  • Hy verval nie in algehele wanhoop nie en vermy ’n gesindheid van selfbejammeringvra waar alles tog gaan eindig nie.vermy die gesindheid: O wee, waar gaan alles tog eindig, alles is in sy maai.
  • Hy stort sy hart voor die Here uit.
  • Hy gaan praat met God daaroor in gebed – en doen dit sonder ophou (Neh. 1:6).
  • Hy “herinner” God aan sy beloftes aan Moses (Neh. 1:8).

Ek en jy mag maar by God opdaag met ons stukkende en seer hart oor al die ellende wat mense in hierdie dae beleef.

Huil ’n slag jou hart uit voor die Here, sê vir Hom wat op jou hart is, en gaan leef dan in die belofte waarop Nehemia bly staan het, dat God die volgende is: . . . groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam. (Neh. 1:5 NAV)

Ds. Christo Weideman, NG kerk Kroonheuwel-Noord

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.