Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Huiswerker, nog ’n vrou vas vir moord op weldoener

Die polisie het twee verdagtes in die ondersoek na die moord op Zorah Jogee, ’n weldoener van Kroonstad, in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie kon danksy ’n wenk en speurwerk Jogee se huiswerker en nog ’n vrou in hegtenis neem. Volgens Thakeng het die polisie leidrade opgevolg en die twee vroue is in Evaton in Gauteng in hegtenis geneem.

Jogee se huiswerker, wat van Lindley kom, was sedert die moord vermis en is die hoofverdagte in die ondersoek.

Jogee is op 26 Maart in haar huis in Kroonstad vermoor.

Haar man, Shabir, het om 14:00 op haar lyk afgekom nadat hy haar nie op een van haar selfone kon bereik nie. Hy het onrustig geraak omdat sy hom by die egpaar se onderneming in die dorp moes aflos, maar nie opgedaag het nie.

Thakeng sê die twee verdagtes, Matebello Elisa Monatisa (54) en Ntomfuthi Msimanga (35), het Woensdag (01/08) op aanklag van moord in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

Die saak is tot Maandag (13/08) vir borgaansoek uitgestel .

Jogee was by die liefdadigheidsorganisasie Northern Free State Caregivers betrokke en het volgens Felicity Combrinck 11 jaar onbaatsugtige werk in die gemeenskap verrig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.