SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Huiswerkers geestelik bedien

Die NG kerk Kroonstad-Suid het Saterdag (03/11) die huiswerkers van gemeentelede op ’n jaar­afsluitingsgeselligheid getrakteer.

Die vroue, wat hoofsaaklik Sotho-sprekend is en in huise werk, word deur die loop van die jaar hier geestelik bedien en met vaardighede bemagtig.

Tharine Hurter, redakteur van Kroonnuus, het as gasspreker opgetree en Anne-Marie Nigrini het vir die vroue gewys hoe om hul eie hart-kunswerk te maak.

Hurter sê misverstande in verhoudings – hetsy met ’n geliefde, werkgewer of in ’n vriendskap – ontstaan omdat mense nie mekaar se same­stelling verstaan nie.

Andy Chapman, ’n gewilde geestelike skrywer, het vyf liefdestale uiteengesit.

Hurter het in Suid-Sotho hieroor met die vroue gepraat. Die vyf liefdestale is:

  • Om geskenke te ontvang en te gee – as jy ’n “gee”-mens is, is dit vir jou spesiaal om vir mense geskenkies te gee en om geskenkies te ontvang.
  • Aanraking – só ’n mens wys liefde deur iemand aan te raak.
  • Bemoedigende woorde of komplimente – dit is die liefdestaal van die een wat deurentyd komplimente uitdeel of ander bemoedig.
  • Goeie dade – só ’n mens doen die omgeewerk deur letterlik vir ander iets te doen.
  • Om tyd aan iemand af te staan – dié liefdestaal behels dat dit ’n liefdesdaad is om tyd aan iemand toe te wy.

Doen moeite om diegene naby aan jou se unieke liefdestaal te identifiseer, het Hurter die gehoorlede aangeraai.

“Dan sal kommunikasie tussen jou en jou werkgewer, familie en vriende vergemaklik word,” het Hurter gesê.

Al die huiswerkers het ’n handsak met deodorant, ’n naelvyl, vatlappie en snees­doekies ontvang.

“Dit is sodat jy altyd ’n geur van liefde kan versprei, die vyltjie kan gebruik om die seerkryfoute weg te vyl, ’n beskermende vatlap te kan hê om nie jou vingers te verbrand nie en te huil as dit moet,” het Nigrini gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.