SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Internasionale krieket tref dorp

Die Protea-krieketspan vir dowes en sy grootste teenstander, Indië, het die afgelope week in Kroonstad opwindende spel gelewer.

Die krieketreeks wat van Sondag (24/11) tot Woensdag (04/12) plaasvind, sluit twee T20-wedstyde en drie eendagwedstryde in, waarvan Suid-Afrika teen die naweek een T20- en ’n eendagwedstryd gewen het.

Hoewel die gedugte teenstander die Protea-span opdraande gegee het, kon die span die T20-wedstryd met 5 paaltjies wen en die eendagwedstryd met 14 lopies.

Indië het die ander T20- en eendagwedstryd gewen, wat die twee spanne gelykop in die reeks gemaak het.

en Suid-Afrika was gelykop met Indië in die reeks.

Die laaste eendagwedstryd is Maandag (02/12) gespeel, wat die wenner van die reeks sou bepaal.

Kommunikasie tydens ’n krieketwedstryd vir dowes is van kardinale belang. Dowe spelers mag nie van gehoorapparate gebruik maak nie en moet streng met hand­gebare kommunikeer.

Albei nasionale spanne het spel van hoogstaande gehalte gelewer wat die Kroonstadse toeskouers kon geniet.

Die reeks is deur die inter­nasionale krieketvereniging vir dowes gereël.

Die Protea-krieketspan vir dowes word deur Riaan Cronje van die Rima Sports-krieket­akademie in Kroonstad afgerig.

Die span is bekend om sy hoë standaard en dissipline op die veld.

Die wedstryde word by die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad gespeel.

Die span is hard aan die werk ter voorbereiding vir die wêreldbekertoernooi wat in November 2020 in Doebai sal plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.