Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners wys aanbod van die hand

Anoniem, Kroonstad:

Met verwysing na vroeër skrywes in Kroonnuus oor die ou Spoorweghostel se inwoners, wil ek graag die volgende onder die aandag van belangstellendes bring.

Ek het een of twee keer daar gaan vra dat mense wat daar woon my help met werk.

Elke keer was die antwoord dat daar nie geskikte mense was nie.

Daarna het ek maar gelos om te gaan vra en maar van die normale arbeiders gebruik gemaak.

Ry jy verby die Spoorweghostel, sit almal in die son en wag op beter dae.

Dit is seker nie ’n skande om handearbeid te verrig nie.

Ons voorouers het ná die oorlog almal handearbeid gedoen.

Hier word ’n geleentheid vir werkloses geskep om te kan werk en dan maak hulle of hulle onbevoeg is.

Dit laat mens noodgedwonge die gewone arbeiders gebruik omdat hulle bereid is om te werk.

My vraag aan die bestuur van die hostel, wat gereeld vir donasies bakhand staan, is: Hoekom begin julle nie ’n arbeidsverhurings- onderneming nie waar mense inwoners as tuin- en huiswerkers kan huur nie?

Daar is ’n groot behoefte aan só ’n onderneming.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.