Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jaar hou oorvloed hoop in

Die gelyke jaarsyfer 2020 voel eerlikwaar asof dit net voorspoed en seën sal bring. Mense is vol hoop en splinternuwe verwagtinge vir die nuwe jaar en dekade wat voorlê.

So begin die jaar op ’n hoë noot, met ’n groep inwoners wat uit hul pad gaan om Kroonstad te vernuwe en te verbeter.

Hulle is vasbeslote om ’n positiewe verskil te maak.

Sover is die S-brug se randstene mooi geverf en dit tref dadelik die oog. Die groep het nou ’n verskeidenheid projekte aangepak om vir Kroonstad ’n nuwe baadjie aan te trek.

Ander inwoners is opreg dankbaar vir dié individue se positiewe gesindheid en bydrae.

Kroonstadters hou die groep opgewonde dop.

Ewenwel is die duiwel listig en loop dinge vroeg in die nuwe jaar in Buitekantstraat lelik skeef. ’n Inwoner is verlede week deur ’n sypaadjie ingesluk.

Buiten dat die aarde eenvoudig onder haar ingegee het, het sy in ’n reusegat vol rioolwater beland.

Danksy twee motorwagte is sy uit die stank en riool gered.

Die vrou het ’n saak teen die munisipaliteit gemaak.

Sy hoop sy sal vir die vernedering, trauma en lyding vergoed word sodat haar 2020 daarna beter sal wees.

Mag dit ’n jaar van same­werking, optimisme en positiewe gesindheid vir ons almal wees.

Hiermee wens Kroonnuuselkeen ’n voorspoedige 2020 toe. Mag lesers met goedheid en guns oorlaai word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.