Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jare se studie voltooi

’n Oud-inwoner van Kroonstad het net voor die begin van die staat van inperking in Maart verneem dat sy aan die vereistes vir ’n doktorsgraad voldoen het.

Tanya Smit (37) sal in September ’n PhD-kwalifikasie in kurrikulumontwikkeling en -ontwerp formeel van die Uni­versiteit van Pretoria (UP) se opvoed­kunde-fakulteit ontvang.

Die studie vir haar proefskrif,Self-Regulated Professionalism: A Whole Brain Participatory Action Research design in a pre-service teacher mentoring context, is oor ’n tydperk van drie jaar gedoen, en dit beslaan sewe hoofstukke en 600 bladsye. Prof. Pieter du Toit was haar promotor.

Smit het in 2001 aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) gematrikuleer. Sy het haar BEd-graad en haar honneursgraad in onderwysbestuur en vergelykende opvoedkunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.

Reeds sedert haar skooldae het sy veelsydig uitgeblink. In 2001 het Rooies se eerste hokkiespan, waarvan sy die kaptein was, as naaswenner van die Vrystaatbeker-liga uit die stryd getree.

Op universiteit was sy haar koshuis se primaria en het sy in die UV se studenteraad gedien.

Daarna het haar loopbaan in die onderwys aan die Laerskool Swartkop in Pretoria begin. In dié tyd het sy haar MEd-graad aan Tukkies met lof verwerf.

Sedert 2016 is sy ’n dosent aan die UP se opvoedkunde-fakulteit.

Smit is getroud met Pieter Smit, ’n elektriese ingenieur, en die egpaar het twee kinders, Miandi (5) en Pierre (3).

Sy is die dogter van Steyn en Rina de Jager van Kroonstad. Steyn is die voor­malige skoolhoof van die Sentrale Volkskool Kroonstad en Rina is ’n mode­ontwerper.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.