Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jonges speel in toernooi

Die Noord-Vrystaatse Rolbal-unie bied van 26 tot 28 September ’n ontwikkelingstoernooi vir kinders by die Kroonstad-rolbalklub aan.

Rolbal Suid-Afrika sal ook die geleentheid bywoon en die toernooi word regstreeks oor sosialemediaplatforms uitgesaai.

Rolbal in die Noord-Vrystaat is letterlik aan die rol en ’n ongekende belangstelling heers tans in dié sport.

Oud en jonk is deesdae op die rolbalbane te sien en rolbal is ’n sportsoort wat lankal nie meer net deur ouer persone beoefen word nie.

Dit word bewys deur die aantal leerlinge en jong mense wat deesdae hieraan deelneem.

Boonop is spelers van nege jaar tot 91 jaar almal ewe mededingend op die perke in toernooie.

Registrasie by Rolbal Suid-Afrika is gratis vir kinders tot die ouderdom van 18 jaar.

Die koste vir die rolbaltoernooi in September beloop R525 per kind.

Dit sluit al die etes en verblyf in.

Vir meer inligting bel Christo Fourie (president van die Noord-Vrystaat Rolbal-unie) by 082-579-0429 of vir Nita Wessels by 078-524-5318.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.