Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kamp gee murg in jou pype

Ná die afgelope paar jaar se droogte was daar vanjaar gereeld modder­besmeerde lyfies te sien op die jaarlikse laerskoolkampe vir Vrystaatse Vootrekkers wat van 29 September tot 3 Oktober op Doornkloof gehou is.

Die droë boeresport-kompetisies het vanjaar die eerste keer in ’n lang tyd weer plek gemaak vir waterspeletjies, wat tot groot modderpret gelei het.

Doornkloof, die Voortrekkerplaas naby Lindley, vier in 2019 sy 80ste jaar in dié beweging se besit en groot feesvieringe word beplan.

Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Vrystaatse Voortrekkers, sê daar was vanjaar 610 kinders op die vyf kampe wat aangebied is – die meeste kinders sedert 2013. Benewens die kampe vir gr. 4 (Doornkamp), gr. 5 (Klitsgraskamp), gr. 6 (Murgpypkamp) en gr. 7 (Avontuurkamp), is die tweede selfbehoudkamp vir gr. 10- tot gr. 12-leerlinge ook van 29 September tot 6 Oktober op dié plaas aangebied. Die selfbehoudkamp leer kinders hoe om in die veld te oorleef.

Engelbrecht sê die ledetal van Die Voortrekkers in die Vrystaat het die afgelope jaar met 9% gegroei en twee nuwe kommando’s is in Clocolan en Bultfontein gestig. Daar word gewerk aan die stigting van nog twee kommando’s, in Odendaalsrus en Winburg.

Nog ’n aanwins vir Doornkloof is die nuwe plaasbestuurder, Chris Giliomee, en sy vrou, Jackie.

Verbeterings word voortdurend op die plaas gedoen en benewens talle Voortrekkerkampe wat hier aangebied word, bied die Voortrekkers deesdae leierskapkampe aan. Die plaas word toenemend gebruik vir algemene kampe en ’n hele paar troues is al hier aangebied.

Engelbrecht sê daar is deesdae slaapplek vir 1 000 mense op die verskillende terreine op die plaas.

Corlia Botha, kampleier van die Avontuurkamp wat pas haar 90ste Voortrekkerkamp op Doornkloof voltooi het, sê dit is wonderlik om te sien hoe kinders die natuur hier geniet.

Hanko Botha van die Laerskool Universitas in Bloemfontein sê hy het Operasie Suiderkruis op die Avontuurkamp en die lesing oor jagtoerusting geniet.

Vian Willemse van die Laerskool Jim Fouché in Bloemfontein, wat op die Klitsgraskamp was, sê dit was lekker om goggas in die spruit te vang en meer oor wind en ander natuurverskynsels te leer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.