Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kampioen wen weer

Reynier Bekker (56) van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in Kroonstad is vanjaar as die nasionale senior gholfkampioen by die DKD se jaarlikse gholftoernooi gekroon.

Die Noord-Vrystaatse gholfspan, waarvan Bekker deel is, het boonop die algehele derde plek in die toernooi behaal.

Die gholftoernooi is van 23 tot 26 Julie in Modimolle by die Koro Creek Bushveld-landgoed aangebied.

Dit is vanjaar die derde keer dat Bekker die algehele wenner in sy kategorie van dié nasionale toernooi was.

In 2015 het hy vir die eerste keer die toernooi by die St. Francis-gholfklub in die Oos-Kaap gewen.

In 2017 was hy weer die kampioen van die toernooi by die Port Shep­stone-gholfklub.

Bekker het sedert 1981 vir DKD se eerste rugbyspan gespeel, maar moes in 1986 weens ’n besering ophou.

In 1987 het hy ernstig begin gholf speel en dit baie geniet.

Hy is op verskeie geleenthede as DKD se klubkampioen gekroon, en ook as kampioen van die Kroonstad-buiteklub.

“DKD bied jaarliks die nasionale gholftoernooi aan waar die beste spelers van alle provinsies teen mekaar meeding.

“Daar is ’n ope-, vroue- en senior afdeling. Persone bo 50 jaar kwalifiseer as seniors,” sê Bekker.

Die gholfspel is vir hom heerlike ontspanning en hy oefen reeds fluks vir volgende jaar se toernooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.