Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kanker eis sportlegende

Eddie van der Spuy (87), een van Kroonstad se watersportlegendes, het op Maandag 30 September sy stryd teen kanker verloor.

Kanker is verlede jaar by Van der Spuy diagnoseer., wat vir sy bydrae tot watersport bekend is, is begin verlede jaar met kanker gediagnoseer.

“My pa was een van die positiefste mense, ook toe die siekte by hom diagnoseer is,” sê sy oudste dogter, Nina Steinberg.

“Hy het die bul by die horings gepak en steeds voluit geleef. Hy was ’n voorbeeld vir almal.”

Van der Spuy het met sy afsterwe by Steinberg in Pretoria gewoon.

Hy is in Germiston gebore, maar het sy skoolloopbaan aan Grey-kollege in Bloemfontein voltooi. Daarna is hy Londen toe, waar hy studeer het.

Hy was die eienaar van die Stella Nova-fotografie-ateljee, en was jare lank in die fotografiebedryf.

Inwoners van Kroonstad het hom geken vir sy liefde en talent vir watersport. Hy was die kommandoor van die ski-klub by die Serfonteindam by Kroonstad, en self ook ’n nasionale waterskiër.

Hy het ’n groot liefde vir kinders en diere gehad.

Vriende en familie beskryf hom as iemand wat gesellig kon kuier en ’n voorbeeld vir ander was.

Sy geloof was vir hom uiters belangrik.

Sy vrou, Renche, is twee jaar gelede oorlede.

Van der Spuy se roudiens is Woensdag (09/10) om 11:00 in die St. John Methodiste kerk.

Van der Spuy word deur sy drie kinders, Nina (62), Mi­chelle Woods (56) en Bernard van der Spuy (51), en twee kleinkinders oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.