Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerke reik uit na Caprivi se mense

Gemeentelede van die NG kerk Suidrand in Kroonstad, en van NG gemeentes in Bothaville, vertrek Saterdag (15/06) na die Caprivi in Namibië vir hul jaarlikse uitreik-aksie.

Dit het ten doel om die gemeenskap daar geestelik te raak en om predikante opleiding en leiding te gee.

Die vroue van die Caprivi word jaarliks met opvoedkundige en bemoedigende praatjies toegerus. Kinders word ook in sekere aspekte onderrig en daar word speletjies met hulle gespeel.

Elke jaar neem die uitreikgroep geskenke vir oud en jonk en vanjaar word kleurvolle poppies aan die kinders oorhandig. Meer as 350 poppies is deur Suidrand-gemeentelede en Jordaniapark-inwoners gebrei.

“Ons is bevoorreg om op dié manier lewens te verryk en ’n verskil in die gemeenskap van die Caprivi te maak,” sê dr. Hannes Els van die Suidrand-gemeente.

Die groep keer op 23 Junie terug.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.