Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klink glasie op koerant

Vandag, 34 jaar sedert sy ontstaan, verskyn die laaste Kroonnuus.

Die splinternuwe VrystaatKroonsal van 16 September af elke tweede week die gemeenskap met nuus uit die Noordoos-Vrystaat bedien. Dié koerant sal voortaan ook op Netwerk24 beskikbaar wees.

Jeannine van Zyl, wat hoofbestuurder van die Volksblad-koerantegroep (insluitende plaaslike weekkoerante) was, sê die samesmelting is deel van die stappe wat vroeër deur Media24 aangekondig is ter wille van volhoubare gedrukte nuusmediums, ook in die platteland.

Met die verstryking van Volksblad as ’n gedrukte dagblad is die vroeëre Sentrale Plaaslike Koerante as Sentraal24, oftewel Central 24, geherposisioneer. Dit sluit VrystaatKroon in (die saamgesmelte Vrystaat Nuus/News en Kroonnuus in Bethlehem, Kroonstad en nabye dorpe).

NoordkaapBulletin (die saamgesmelte Noordkaap en Kalahari Bulletin), Bloemnuus (in Bloemfontein en omstreke), Express (in Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu), en Vista (in die Goudveld) is die ander titels in dié stal.

Coleen Cilliers, verkoops­bestuurder, sê die gefokusde verspreiding van VrystaatKroon bied aan adverteerders die geleentheid om bestaande en potensiële kliënte in verskeie gemeenskapsgroepe te bereik. Gehaltediens en -produkte bly ’n voorkeursaak.

Karen Herbert, voorheen produksiehoof, is aangestel as die eerste redaksionele hoof van Sentraal24. Sy sê Vrystaat­Kroon sal steeds aan lesers plaaslike nuus, nou net uit ’n wyer gebied, bring. Lesers kan met die grootste vrymoedigheid van hulle laat hoor.

Dankie aan elke getroue leser en kliënt wat die afgelope 34 jaar die pad saam met Kroonnuusgestap het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.