Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klub bou spel speel-speel

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) in Kroonstad se pluimbalklub is besig om wyd en syd dié sportsoort met vriendskaplike wedstryde teen ander klubs te bemark.

Op 27 Oktober het die klublede in Vanderbijlpark teen Heidelberg en Vanderbijlpark se klubs meegeding.

Volgens Jan Els, organiseerder en voorsitter van die DKD-klub, is daar in dié toernooi in gemengde dubbelspel en dubbelspel meegeding. In die dubbelspel was daar ’n A-, B- en C-afdeling.

Wedstryde het bestaan uit die beste van drie stelle tot 21.

Met gemengde pare het Ockie Potgieter en Miranda Bosch ’n tweede plek in die A-afdeling behaal, en Jan Els en Maryna Janse van Rensburg was naaswenners in die C-afdeling.

Ockie en Hendré Els was die algehele wenners in die mans-dubbelspel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.