Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klublede in eerste 4 plekke

Lede van die Kroonstad-rolbalklub (KBC) het verlede naweek die eerste vier plekke in die Valsrivier-subunie se gemengde­paretoernooi verower.

Dié toernooi is op Saterdag 26 Oktober en Sondag 27 Oktober by die Kroonstad-rolbalklub aangebied.

Die kompetisie was straf en daar is in winderige weersomstandighede gespeel om die kampioene te kroon.

Altesaam 13 spanne van die Kroonstad-rolbalklub, 5 van Heilbron, 3 van Vredefort en 1 van Koppies het hulle ingeskryf.

Die jongste spelers was DJ Steyn (17) en Elanie Steyn (15) van Heilbron en Nicolene de Gouveia (15) van Kroonstad.

Ses spanne het na die eindrondes deurgedring wat die Sondag gespeel is.

Kroonstadters het die eerste vier plekke behaal:

  • eerste plek: Charl en Erika Sieber­hagen;
  • tweede plek: Elize en Jan Odendaal;
  • derde plek: Ansie Fourie en Marius van Schalkwyk; en
  • vierde plek: Billy Marx en Jeanette Keyter.

Die spanne wat deurgedring het, sal in die Noord-Vrystaat-rolbaltoernooi teen Goudveld en Riemland kragte meet.

Die Kroonstad-rolbalklub nooi alle jong mense en gesinne om dié sportsoort te beproef. Rig navrae aan Hannes Horn (president) by 084-586-4581 of Derrick de Gouveia (vise-president) by 072-378-0486.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.