Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koekstruif ’n eenvoudige wenner

’n Kersmaal met koekstruif op die ou manier gemaak, is ’n eenvoudige resep. Dis net koek, sjerrie en vla wat met tooisels afgerond word.

Bestanddele

1 sponslaagkoek (18 cm in deursnee)

aarbeikonfyt

100-125 ml sjerrie

fyngekapte glansvrugte

’n handjievol gekapte neute

’n bietjie gemmerkonfyt (opsioneel)

geklitste room en kersies vir versiering

Vlabestanddele

750 ml melk

3 eiers

1 eiergeel

25 ml mielieblom

knippie sout

5 ml vanieljegeursel

klontjie botter

Metode

Sny die sponslaag horisontaal in die helfte en smeer mildelik met aarbeikonfyt. Breek die koek in stukke en bedek die boom van die bak daarmee. Sprinkel sjerrie oor en strooi glansvrugte, neute en gemmer oor. Laat dit ’n ruk staan.

Maak intussen die vla: Verhit die melk effens. Klits eiers, eiergeel, mielieblom, suiker en sout. Giet warm melk oor terwyl geroer word. Giet die melkmengsel in ’n kastrol en maak oor lae hitte gaar totdat dit die agterkant van ’n houtlepel bedek. Verwyder van die hitte en voeg vanielje en botter by.

Laat die vlamengsel effens afkoel, giet dit oor die koek en sny versigtig in. Bedek en verkoel. Versier met kersies en ’n laag geklitste room.

Keresemese triffle

1 kuku ea seponche (18 cm)

Strawberry jemane

100-125 ml sherry (Old Brown)

litholoana tse pentiloeng

e tletseng letsoho linate

hanyane jemane ea ginger

ho hlajoa ka tranelate (romo)

cherries

Custard

750 ml lebese

3 mahe

1 yolk

25 ml maizena

letswai (hanyane)

5 ml vanilla

hanyane botoro

Mokgwa

Seha kuku. Ho ata strawberry jemane hodimo kuku.

Roba likoto kuku. Beha tlase baka a puting.

Tshela sherry hodimo kuku. Tshela e tletseng letsoho linate, hanyane jemane ea ginger le ho hlajoa ka tranelate hodimo. E ke e eme.

Futhumetsa lebese. Fuduha mahe, yolk, maizena, twekere le letswai. Tshela lebese ka motswako. Pheha custard hodimo setofu. Lumella custard ho pholile. Tshela custard hodimo kuku. B eha sekoahelo, beha ka hare forige. Tshela ho hlajoa ka tranelate hodimo triffle. Beha cherries hape. Phepa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.