Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kroonpark reg vir fees

’n Miernes van bedrywighede is die afgelope maand op die oewer van die Valsrivier by Kroonpark te bespeur.

Dit is ’n gewerskaf namate rommel verwyder, gras gesny en algemene opknappingswerk gedoen word.

Die eens gewilde vakansie-oord, wat mense van heinde en ver getrek het om op die rivierwal te kampeer, se algemene instandhouding het deur die jare agterweë gebly.

Die eerste Quantum-boerefees word Saterdag (22/02) op Kroonpark aangebied.

Die organiseerders het dit goedgedink om die voormalige lushof vir vakansiegangers en inwoners reg te ruk.

Die oord is veral gewild vanweë die binnehuise warm­waterswembad (wat een van die grootstes in die land is), ander swembaddens, ’n set-set-baan, ’n waterglybaan en ’n kampeerterrein.

“Ons het ná samesprekings met die Moqhaka-munisipaliteit besluit om in te spring en Kroonpark in orde te kry vir die naweek se verrigtinge,” sê Soutie Wentworth, organiseerder van die Quantum-boerefees en eienaar van Quantum Field Services.

Die fees, ten bate van plaas­beveiliging en droogtehulp beloof hope vermaak vir jong en oud, en vir boere, beloof ’n dag vol opwinding.

Die program sluit in praatjies oor plaasbeveiliging en droogtehulp, veetentoonstellings, ’n veiling ten bate van droogtehulp, ’n vliegtuig-vertoning, kleiduifskiet, boogskiet, ’n kettingsaagkompetisie, ’n boeresportkompetisie, set-set, dansnommers, boeremusiek, ’n tentoonstelling van veteraan­motors en kindervermaak, asook pret met ’n mallemeule, swembaddens, ’n waterglybaan en ’n biertent waar Armand Hofmeyr sal optree.

Steve Hofmeyr se vertoning sal om 20:00 in die amfiteater begin.

Feeskaartjies kos R100, wat toegang tot die hele dag se vermaak en Steve en Armand se optredes bied.

Kaartjies kan aanlyn op Quicket onder “Quantum-boerefees”gekoop word. Dit is ook by VS-hersteldienste oorkant Quantum Field Services beskikbaar.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na marketing@qtfs.co.za of bel Marzel van Tonder by 083-338-8546.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.