Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kroonstad se seniors seëvier

Die Valsrivier-rolbalunie se kampioenskapsbyeenkoms vir senior enkelspel­ is op Saterdag 5 Mei en Sondag 6 Mei by die Kroonstad-rolbalklub aangebied.

Altesaam 21 spelers van Heilbron, Vredefort, Koppies en Kroonstad het deel­geneem.

Vier mans moes die Saterdag vir plekke uitspeel en vier vroue die Sondag.

Linda van Caspel (Kroonstad-rolbalklub) en Catrien Koekemoer (Koppies-rolbalklub) het toeskouers op die punt van hul stoel gehou.

Faan Serfontein (Kroonstad-rolbalklub) en Jan Odendaal (Kroonstad-rolbalklub) het in die mans­afdeling kragte gemeet.

Die wenners is soos volg:

  • Vroue: Linda van Caspel in die eerste plek, met Catrien Koekemoer as naaswenner.

Sara de Beer (Kroonstad-rolbalklub) en Wilma Folscher (Kroonstad-rolbalklub) het onderskeidelik ’n derde en ’n vierde plek behaal.

  • Mans: Faan Serfontein is as die manskampioen gekroon, met Jan Odendaal in die tweede plek.

Petrus Folscher en Jan Grobler (albei van die Heilbron-rolbalklub) was onderskeidelik derde en vierde.

Die spelers gaan op 2 en 3 Junie in Bethlehem die Valsrivier verteenwoordig.

Verteenwoordigers van die Goudveld en Riemland sal ook aan die byeenkoms deelneem.

Vir meer inligting, bel Hannes Horn by 084-586-4581 of Derrick de Gouveia by 072-378-0486.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.