Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kroonstadters rol balle beste

Kroonstadters is die wenners in die Valsrivier-veterane-enkelspel-rolbaltoernooi wat op 1 en 2 Junie by die Kroonstad-rolbalklub aangebied is.

Tien spelers van Kroonstad, twee van Koppies, twee van Heilbron, drie van Vredefort en een van Steynsrus het deelgeneem.

Die algehele wenners was Kroonstad se Linda van Caspel in die vroue-afdeling en Monty Dell in die mans-afdeling.

In die vroue-afeling was Catrien Koekemoer (Koppies) tweede, Magda Bierman (Heilbron) derde en Elize Odendaal (Kroonstad) vierde.

In die mans-afdeling was De Wet Steenkamp (Kroonstad) tweede, Petrus Fölcher (Kroonstad) derde en Hannes Langeveldt (Kroonstad) vierde.

Die wenners en naaswenners sal op 29 en 30 Junie aan Goudveld en Riemland se veterane-toernooi deelneem.

Bel Hannes Horn (president) by 084-586-4581.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.