Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry kroon terug in dié dorp vol genade

Sophia Wessels, Kroonstad:

Kroonstad het weer my kroon terug gegee.

Ek het onlangs gaan draf toe een van my pa se goeie en jarelange vriende langs my stop.

Hy sê hy hoor ek is op pad uit Kroonstad uit.

Skielik flits die afgelope jaar en agt maande deur my gedagtes.

“Ja oom, ek is hartseer om te gaan. Kroonstad het my goed gedoen, ek het my kroon weer terug gekry, en boonop ’n diamant aan my vinger waarvoor ek so lank gewag het”.

Die oom antwoord: “Dis omdat jy dit vir jouself lekker gemaak het.”

“Ja, oom, Kroonstad is vol van die Here se genade en ek is dankbaar daarvoor.”

Ek draf verder.

Die hele pad dink ek aan wat ek gesê het, Kroonstad is vol van die Here.

Vol van Sy dienaars, vol van Sy geduld, vol van Sy vriendelikheid, Sy sagmoedigheid, Sy vrede en Sy onvoorwaardelike liefde.

Vol van Sy intimiteit, vol van Sy begeerte om siele te red.

Vol van hoop, geloof en liefde.

Toe ek einde 2017 my voete terug in Kroonstad gesit het, het ek onthou wat ek gemis het in die 19 jaar wat ek weg was.

So kom sit die Here weer my kroon terug op my kop.

My identiteit, my drome en my visie.

My hart vir mense, my passie vir die kunste, my waardering vir die platteland en sy sout van die aarde, gewillige mense wat altyd wil help.

Ek verlaat Kroonstad met dankbaarheid en vrede en ’n openbaring van genade wat ek nooit gehad het nie.

Mag jy, Kroonstad, aanhou om vir ander hul krone terug te sit waar dit hoort.

Jy is nie verniet Kroonstad gedoop nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.