Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Kwaai juffrou’ lief vir taal

Gera de Jager se naam is by Kroonstadters sinoniem met taal en onderwys.

Op 75-jarige ouderdom is sy steeds ’n bedrewe proefleser met taal as ’n ingebore passie.

Engels is haar groot liefde en sy het deur haar hele onderwysloopbaan Engels as vak aangebied.

Sy is ’n deeglike proef­leser en help graag met die lees van tesisse en skripsies van studente, asook artikels vir publikasie.

Sy doen taalversorging en proefleeswerk.

De Jager proeflees stukke met noukeurigheid. Hierdie eienskap maak haar ’n baie gewilde proefleser.

Sy sê een blad kan haar 15 tot 20 minute neem om deeglik te lees. Sy is ’n proeflees-perfeksionis.

Sy lewer tans haar dienste aan onder meer Akademia, ’n hoëronderwysinstelling.

De Jager was vir jare by die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) betrokke waar sy aanvanklik vir die eerste vyf jaar Duits gegee het.

Daarna is sy as Engels­onderwyser by die Hoër Tegniese skool De Wet Nel aangestel, en vir die laaste 13 jaar van haar onderwysloopbaan was sy die Engelsonderwyser vir gr. 11 en gr. 12 by Blouskool.

Haar leerlinge het almal uitsonderlik presteer en tien jaar ná mekaar bo die Vrystaat-gemiddelde vir Engels (eerste addisionele taal) presteer. Sy spog met ’n 100%-slaag­syfer.

Dit is ook haar taal­vaardigheid en deeglikheid wat daartoe gelei het dat sy 16 jaar lank vir die skool se jaarboek verantwoordelik was.

Sy was bekend as die kwaai juffrou, maar was ongelooflik lief vir dié kinders.

Nadat sy in 2007 amptelik afgetree het, het sy tot op 71-jarige ouderdom weer Engels gegee by onder meer die Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon, die Kroonstad Akademie en Calculus-kollege.

“Ek kan nie stilsit nie en moet altyd besig bly, daarom het ek ná aftrede weer skoolgehou,” sê De Jager.

Buiten haar passie vir tale en proeflees, doen sy graag ook ’n bietjie naaldwerk en verstellings aan klere.

De Jager is ’n boorling van Heilbron en het in Bloemfontein skoolgegaan en gematrikuleer. Sy het haar onderwysgraad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, waarna sy met Pieter de Jager, ’n boer van Kroonstad, getroud is.

Sy was 11 jaar lank boervrou voordat sy as onderwyser begin werk het.

Die egpaar het drie seuns: Pieter (53) Johann (50) en Nicky (47).

Van die drie seuns het Johann sy ma se talent vir tale en skryf geërf. Hy is die sportredakteur van die Volksblad.

Ek kan nie stilsit nie en moet altyd besig bly, daarom het ek ná aftrede weer skool­gehou. – Gera de Jager

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.