Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kyk mooi, daar is geluk by ongeluk

Dit is met groot dankbaarheid dat die Kroonstad-gemeenskap juig oor wat die afgelope week hier gebeur het.

Deesdae is dit immers min dat ons goeie nuus kry – of so voel dit vir ons.

Die nuus dat die Hoërskool Kroonstad se 60-sitplek-skoolbus (wat bykans twee weke gelede gesteel is) naby Witbank op­gespoor is, het die vreugdevure hoog laat brand – by die skool, asook elders in die gemeenskap.

Vrae oor hoe die bus in die eerste plek gesteel is, was nog op almal se lippe toe die wonderlike nuus kom dat dit gevind is.

In nog ’n reuse-deurbraak het die polisie twee verdagtes in die moord op Zorah Jogee, ’n wel­doener en bekende van Kroonstad wat op 26 Maart in haar huis vermoor is, opgespoor.

Dié onverklaarbare moord het die gemeenskap tot stilstand geruk.

Met die moord nog vars in almal se geheue het die twee verdagtes reeds in die hof verskyn. het was nog vars in ons geheue toe, het die twee het reeds in die hof verskyn.

Dít opsigself gee inwoners weer hoop. Baie nuwe hoop.

Ons word so maklik deur die samelewing se swartgalligheid oor ons land se toestand meegesleur.

Soms is dit só erg dat ons voel ons sit op moedverloor se vlakte.

Alles maak ons moedeloos; hetsy ons meen dat die regstelsel ons in die steek laat, die polisie nie hul werk doen nie of almal korrup is.en ons kla oor almal wat korrup is en dat polisie nie hulle werk doen nie. Of dalk meen ons die plaaslike regering en die munisi­paliteit laat ons gedurig in die steek.

Só loop ons heeldag en aldag en kla.

Dan is daar weke soos dié week.

’n Week waarin ons twee keer goeie nuus ontvang en ons hart weer vinnig klop omdat iets positief gebeur het van opwinding.

Ons juig omdat die bus gevind is, en ons is dankbaar dat twee verdagtes in ’n moordsaak vasgetrek is.

Ek dink dit is tyd dat ons net weer besef dat elk donker wolk wel ’n silwer randjie het, al neem dit soms lank om dit raak te sien.

Ons moet dankbaar bly – sulke wonderlike dinge gebeur, al is dit dalk ongereeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.