Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kyk, só word dit gedoen

Dit is ’n heerlike voorreg om jouself ’n Suid-Afrikaner te kan noem nadat die Springbokke Saterdag (02/11) die wêreld­beker-trofee in ’n uitstekende rugbywedstryd verower het.

Die diverse Springbokspan, wat elke landsburger verteenwoordig, is ’n toonbeeld van die reënboognasie-ideaal.

Sport kon nog altyd die reënboognasie verenig en Saterdag was dit presies wat oor die land heen afgespeel het.

Die wedstryd vol hoendervel-oomblikke het verseker dat Bokkoors tasbaar was.

Suid-Afrikaners was trots en die vreugdes­vure brand steeds baie hoog.

As ons dié kameraadskap kan voortsit en – ondanks uitdagings – as ’n nasie verenig kan bly, sal die land baie anders daar uitsien.

Die hoop beskaam nie en ons mag droom oor ’n verenigde Suid-Afrika wat in alles bankvas saamstaan.

Baie geluk, Bokke. Julle stel ’n voorbeeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.