Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laaier sit dorp op roete

Kroonstad kan nou met sy eerste elektriese-motor-battery­laaier spog.

Die laaier is Donderdag (03/10) bekend gestel toe elektriese motors die dorp tydens Suid-Afrika se eerste langafstandrit met elektriese motors, wat oor agt dae strek, aangedoen het.

Die elektriese motors wat aan die rit van Johannesburg tot in Kaapstad deelneem se batterye as deel van ’n demonstrasie in Kroonstad gelaai.

Die elektriese-motor-battery­laaier is by die Shell-vulstasie op die N1 buite Kroonstad aangebring.

Dit vergemaklik reis vir eienaars van elektriese motors wat tussen Gauteng en Kaapstad beweeg.

Motors kan van 45 minute tot ses uur by ’n punt herlaai word.

“Dit is die eerste elektriese-motorrit wat ons van Johannesburg via Port Elizabeth na Kaapstad aanpak.

Ons sal in Bloemfontein oornag en verder na die Gariepdam, Graaff-Reinet, Port Elizabeth, Knysna en Worcester reis en in Kaapstad eindig, en dít sonder een druppel petrol,” het Ed Young van ACDC Dynamics, wat deel van die slim-mobiliteit-projek is, gesê.

Al die partye wat die projek ondersteun, hoop om met dié rit aan Suid-Afrikaners te bewys dat skoner mobiliteit moontlik is.

Belangstellendes word genooi om die motors wat aan die toer deelneem te besigtig.

Meer herlaaipunte sal ook bekend gestel word.

Daar is ongeveer 1 730 elek­triese motors, van verskillende motorvervaardigers, in Suid-Afrika.

Dié motors is nie noodwendig goedkoper nie, maar meer omgewingsvriendelik.

“Ons sien daarna uit om vir landsburgers ’n elektriese toekoms te bied en om almal met dié nuwe tegnologie te inspireer,” het Ben Pullen, uitvoerende hoof van Generation.e, gesê.

“Dit is ons droom om ’n wêreld van slimmer mobiliteit tot stand te bring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.