Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat speke vir jeug sing

Fietz vir Kidz se jaarlikse pretbergfietswedren word op Sondag 28 Julie aangebied. Alle bergfietsryers is welkom.

Inskrywings open om 08:00 en die wedren sal om 10:00 begin.

Vir ernstige fietsryers is daar ’n 40 km-wedren teen R120 per inskrywing en vir die pret-fietsryers ’n 10 km-roete teen R60 per deelnemer. Talle pryse is op die spel en alle geld wat ingesamel word is ten bate van die Presidentia-jeugsorgsentrum in Kroonstad.

Almal word uitgenooi om die geleentheid by te woon. Dit beloof om ’n heerlike kuierdag te wees wat ’n verskil in kinders se lewe sal maak. Daar sal hope vermaak en eetgoed te koop wees.

Vir meer inligting besoek die fietzvirkidz-Facebook-blad of bel vir Daan Grabe by 082-572-1522 of Johan Mouton by 083-278-7746.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.