Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leiers moet self voorbeeld stel

Dit is seker darem algemeen bekend dat Suid-Afrika se ekonomiese toestand allesbehalwe rooskleurig is en eintlik op die randjie van ineenstorting staan.

Nie net lees ons dit daagliks in die nuus nie; as ons rondom ons kyk, is dit duidelik sigbaar. Munisipaliteite oor die land heen verkeer in ’n verknorsing.

’n Groot deel van die probleem is onbetaalde munisipale skuld.

Die plaaslike burgemeester was onder die vergrootglas met uitstaande munisipale rekeninge van oor die R100 000 wat hy op eiendomme skuld wat hy geërf het. Na wat verneem word, word die skuld tans afbetaal, en die bewys daarvoor kan gelewer word.

Dit is natuurlik so dat wanneer jy in die openbare oog lewe, word van jou verwag om by die reëls en regulasie te hou.

Dit laat ’n mens wonder hoeveel van die agbare raadslede nog klei trap as dit by hul persoonlike verantwoordelikhede kom soos die betaling van ’n normale munisipale rekening.

In die begroting van die Moqhaka-munisipaliteit word daar die ultimatum gestel aan inwoners om hul munisipale rekeninge te betaal sodat die nodige dienste aan inwoners gelewer kan word.

Daar word van leiers verwag om die voorbeeld te stel en om op te tree as verantwoordelike landsburgers.

Dit is dus uiters noodsaaklik dat leiers eers hul eie huis in orde kry voordat die res op hul vingers getik kan word.

Anders wonder ’n mens waarom nog die moeite doen met begrotingsredes en dies meer wanneer niemand meer ’n duit omgee oor wat reg en wat verkeerd is nie.

Niks gaan daadwerklik verander in Suid-Afrika voordat leiers ook self die reëls en regulasies nakom nie.

Daarom moet almal oor dieselfde kam geskeer word, of jy die leier is of nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.