Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leraars lê tuig neer

Leraars van twee gemeentes in Kroonstad het die tuig neergelê. Hulle het onderskeidelik die NG kerk Kroonstad-Noord en die NG kerk Kroonstad-Wes gelei.

Die Ring van Valsrivier in Kroonstad het op Maandag 27 Augustus op ’n ontbytgeselligheid van dr. Koos Robb en ds. Johan Bouwer en hul eggenote afskeid geneem. Albei leraars verlaat Kroonstad.

Robb het van 1995 die NG kerk Kroonstad-Noord gelei. Voordat hy na Kroonstad verhuis het, was hy ’n leraar in Warmbad en Ellisras.

Hy is bekend in Engo-kringe en het werk vir Diens van Barmhartigheid gedoen.

Sy afskeidsdiens was Sondag (02/09), en hy en sy vrou, Mynie, sal in dié week na Pretoria verhuis.

Voordat Bouwer in 1980 by die NG kerk Kroonstad-Wes begin dien het, was hy by ’n gemeente en die sendingkerk in Lady Grey in die Oos-kaap en die sendingkerk in Lady Grey werksaam.

In die laaste paar jaar van sy bediening was Bouwer ook ’n voltydse pastorale berader, en het hy die plaaslike kantoor in dié verband beman. Hy was ook by die dorp se hoërskole betrokke.

Bouwer se afskeidspreek sal op 21 Oktober in die NG kerk Kroonstad-Wes plaasvind, waarna hy en sy vrou, Rietha, na Heidelberg sal verhuis.

“Kroonstad verloor twee groot, wonderlike en geliefde leraars, maar ná soveel jare in die bediening wens die ring en die gemeenskap hulle net die beste en mooiste toe vir ’n welverdiende rus,” sê ds. Christo Weideman namens die ring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.