Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Liefdestaak voortgesit

Talbot Sadler (88) is toegewyd daaraan om mense se lewe aan te raak, en hy skryf boonop inspirerende Christelike boeke.

“Ek was vir bykans 30 jaar ’n NG kerk-predikant en vir die ander 30 jaar ’n prokureur in murg en been,” sê Sadler.

Sadler het in Desember, op die ouderdom van 88, as prokureur by sy seun se firma in Kroonstad afgetree.

Tussendeur het hy ook sy stokperdjie en passie vir skryf beoefen, en twee Christelike boeke het uit sy pen gevloei.

Sy eerste boek, Verbondsdoop, is in 2014 gepubliseer, en sy tweede boek, Jou Enigste Troos, is verlede jaar uitgereik.

Sadler werk aan ’n derde Christelike boek wat volgens hom ’n bietjie meer tyd en navorsing sal verg.

Hy is egter reeds hard aan die werk sodat die boek so gou moontlik die lig kan sien.

Sadler is ’n Noord-Kapenaar in murg en been.

Hy is in Vryburg gebore en getoë.

Nadat hy sy skoolloopbaan in Vryburg voltooi het, het hy in Kimberley begin werk.

Hy het later na Pretoria verhuis. Dit is daar dat hy deeltyds regte studeer het, sy graad voltooi het en sewe jaar lank as prokureur praktiseer het.

Van 1961 tot 1965 het hy heeltyds teologie aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Sy eerste gemeente was in Walvisbaai, waar hy drie jaar lank predikant was, voordat hy sewe jaar lank die oudste gemeente van die Witwatersrand, dié van die NG kerk Braamfontein, bedien het.

Hy is na die NG kerk Koppies beroep en het by die NG kerk Kroonstad-Oos as predikant afgetree.

Sadler was jare lank by die NG kerk se sinode betrokke.

Ná die jare as predikant het hy saam met sy seun, Talbot Sadler jr., as prokureur in Kroonstad praktiseer.

“My beroepe as predikant en prokureur het elk unieke uitdagings gebied.

“Maar die hoofdoel van albei beroepe is om mense reg te help en by te staan,” sê Sadler.

Hy is getroud met Petz, en het drie kinders: Talbot jr., ’n jonger seun, CJ (’n aktuaris wat in Hong Kong woon) en ’n dogter, Sarita (wat ’n gastehuis in die dorp bedryf).

Sadler versprei sy eerste boek self en hoop dat die tweedegou in boek­winkels sal wees. Belangstellendes kan die boeke ook by hom koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.