Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Liga prettige besigheid

Die besigheidsliga van die Kroonstad-rolbalklub het Donderdag (04/10) begin.

Dié liga kan 42 spanne akkommodeer.

Volgens Marius van Schalkwyk, een van die organiseerders, het sakelui die geleentheid aangegryp om hul spanne hiervoor in te skryf.

Altesaam 168 spelers, gesoute spelers én beginners, sal op die rolbalbaan aan hul spangees bou terwyl hulle hul hand aan die sportsoort waag.

Op Donderdae, van omstreeks 17:15, kan toeskouers ook in die rolbalpret deel.

Die eindronde word op Donderdag 22 November gespeel.

Tydens hierdie byeenkomste word worsbroodjies te koop aangebied.

Deelnemers kan ook vleis saambring om te braai. Kole sal verskaf word.

Die klub verskaf pap en sous, en ’n kontantkroeg sal ook bedryf word.

Bel Marius van Schalkwyk by 083-554-5701 of Derrick de Gouveia by 072-378-0486 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.