Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lokaal glo ontoeganklik

Verkiesingsbeamptes het na bewering geweier om Hein Putter (46), ’n kwadrupleeg van Kroonstad, te help om by die Landbouskool buite Kroonstad te stem.

Die stemlokaal by die kool het net trappe en is nie rolstoelvriendelik nie. Dit het die lokaal vir Putter ontoeganklik gemaak.

“Met die vorige verkiesing het die beamptes my man in die motor kom help om te stem, maar hierdie keer het hulle net botweg geweier,” sê sy vrou, Ina.

Hulle het nie vir ’n spesiale stem aansoek gedoen nie omdat hulle gereken het hulle sou soos die vorige keer gehelp word.

Nadat omstanders besef het wat aangaan, het hulle Putter gehelp.

Raadslid Jeanie Hattingh en drie ander mans het Putter gehelp om by die trappe op te kom sodat hy kon stem.

Hattingh reken dat die gebeure onaanvaarbaar is en het dit met die Verkiesingskommissie opgeneem.

Ina sê: “Ons is baie dankbaar dat hulle my man kon help om te stem.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.