Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lyk van man gevind

’n Moordklag is by die polisie aanhangig gemaak nadat die lyk van ’n onbekende man, wie waarskynlik tussen 30 en 35 jaar oud was, op 9 Januarie by Steynsrus gevind is.

Die lyk van die onbekende man is langs die R76-pad tussen Steynsrus en Kroonstad gevind.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die man het ’n rooi trui, kakie langbroek met ’n swart lyfband, bruin-en-roomkleurige kouse en kort stewels gedra.

Thakeng sê die lyk het tekens van verwurging getoon, en het ook ’n oop wond aan sy agterkop gehad. Hy is moontlik op sy maag oor ’n growwe oppervlak gesleep.

Thakeng sê die lyk word in die Kroonstad-lykshuis gehou en nog geen inhegtenisnemings is in dié saak gemaak nie.

“Niemand het ook nog die lyk uitgeken nie,” sê Thakeng.

Mense wat moontlik die oorledene kan identifiseer of inligting oor die vermeende moord het, kan speur-sers. Tseleng Motsile van die Steynsrus-speurtak by 082-466-7043 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.