Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Manne se eerbetoon dwing respek af

Helena Scheepers, Kroonstad:

’n Man kan staan vir baie redes. Daar word ook met reg gepraat van “staan jou man”.

Ek verwys graag na gebeure op Sondag 4 November ten tyde van ons NG kerk Kroonstad-Oos se belydenisaflegging van nuwe lidmate en Nagmaal.

Ouers, grootouers, vriende en lidmate het die diens bygewoon.

Voordat die diens begin, stap ’n pa en drie seuns in en gaan sit net agter die nuwe lidmate in die middelste banke. Toe hierdie manne instap, so netjies geklee, dwing hulle klaar bewondering af. Tydens die diens, toe daar gebid word, staan hulle kiertsregop terwyl die res van die lidmate sit.

Dit was vir my so aangrypend dat ek my trane moes sluk. So was dit in my kinderdae. Die manne staan tydens gebed. Eerbiedig, korrek en so selfversekerd.

Dankie julle manne. Ek ken julle nie, maar die mooi gebaar is vir my prysenswaardig.

Ek is seker julle staan nog op wanneer ’n vrou (oud of jonk) ’n vertrek binnekom en bied nog ’n sitplek aan.

Julle dwing respek af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.