Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mense moet ‘oop kaarte speel’ oor virus

Anoniem, Kroonstad:

Syfers toon dat Covid-19 oral opduik; tog het mense gemengde gevoelens oor die aansteeklikheid van die siekte.

Ek self wonder hoe akkuraat die syfers is wat die departement van gesondheid daagliks deurgee.

Dit voel onwerklik. Ek dink dit is omdat geen name genoem word nie. daar nie ’n naam aan ’n persoon wat die virus het gekoppel kan word nie.

Sal dit nie beter wees as mense wat vir die virus positief toets, hul name bekend maak nie?

Dit is nie om hulle te na te kom nie, maar eerder om ander te waarsku. As ek die virus opdoen, sal ek liewer vir almal vertel. Sodoende kan die mense met wie ek in aanraking gekom het, hulself dophou. Dit is mos nie ’n skande nie – enigeen kan die virus opdoen.

Nou gis en wonder almal oor wie siek is en met wie hulle in aanraking was. Dit is hoe valse stories versprei word. Daarom voel ek mense moet eerder oop kaarte speel sodat die res van die gemeenskap ingelig kan wees en weet om na simptome op te let. Dit is net my beskeie mening.

Sterkte aan diegene wat positief getoets is – ek wens julle ’n spoedige herstel toe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.