Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Midmar bied uitdaging

Twee Kroonstadters was soos visse in die water op die jaarlikse Midmar-myl-oopwaterswem­byeenkoms.

Dit is op 8 en 9 Februarie die 45ste keer by die Midmardam buite Howick aangebied.

Dié gewilde byeenkoms, wat oor 1,6 km strek, trek jaarliks duisende plaaslike – en internasionale – deelnemers.

Die 78-jarige Beth Lordan van Kroonstad was derde in die afdeling vir meisies jonger as 13 jaar en vroue ouer as 31 jaar.

Sy spog met ’n tyd van 40:18 en het ’n bronsmedalje ontvang.

Gerrit Engelbrecht (13), ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, het die Midmar-myl vanjaar ’n derde keer geswem.

Hy het dit in 36:02 afgelê. Gerrit neem in die afdeling vir seuns jonger as 13 jaar en mans ouer as 31 jaar deel.

Beth gaan van 10 tot 15 Maart aan die nasionale meesters­swemkampioenskapsbyeenkoms deelneem.

Dié kampioenskap, wat in Germiston aangebied word, sluit swembadnommers in en eindig met 1 000 m swem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.