Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Miljoene verlore ná vee stuk-stuk verdwyn

Beleggers in ’n melkboerdery buite Koppies het glo miljoene rande verloor toe die beeste onwettig verkoop is.

Corné Loggenberg, aan wie die beeste verhuur is, word van bedrog aangekla en word in die rond­gaande hof in Kroonstad verhoor.

Willem Pretorius, ’n boer en belegger, het Woensdag (30/10) getuig dat hy en ’n vennoot in 2012 altesaam 439 melkkoeie aan Loggenberg se Kirkdale Trust verhuur het.

Pretorius sê die waarde van die koeie was R5,8 miljoen.

Hy het in Mei 2012 die plaas buite Koppies waar die beeste gehou is, besoek. Hy was glo beïndruk met die manier waarop die beeste versorg en die melkery bestuur is.

In Maart 2013 het hy weer die plaas besoek, maar was geskok oor wat hy toe gesien het. Die koeie was maer en die gehalte van die voer swak.

Loggenberg het aan Pretorius gesê dat hy 500 koeie melk, wat sy eie koeie, Pretorius s’n en dié van nog twee beleggers, Brad Andrews en Gerrie du Preez, insluit.

Pretorius het getuig dat dit nie vir hom gelyk het asof daar soveel koeie op die plaas is nie.

Hy het Loggenberg ook oor die gehalte van die voer uitgevra, waarop hy gesê het dat hy meer wins met die swakker voer maak en die beeste minder is omdat van hulle weens meelvergiftiging gevrek het.

Pretorius het sy vennoot, Pat Robinson, ingelig dat hy vermoed daar is groot fout op die plaas.

Hy het die plaas weer op 8 Mei 2013 besoek om sy en Robinson se beeste te sien.

Loggenberg het aan hom gesê dat 80 van hul beeste nie meer daar is nie en dat hy 80 verse sal gee om dit te vervang.

Op 29 Mei, toe Pretorius weer die plaas besoek het, het Loggenberg aan hom gesê dat die probleem baie groter is en dat net 190 van sy beeste oor is.

Op 11 Julie het Pretorius weer die plaas besoek. Net 30 kalwers was oor.

Hierna het hy ’n klag by die polisie ingedien.

Boere in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Mpumalanga het verliese gely toe 508 van Loggenberg se beleggers se beeste op hul plase opgespoor is.

Die staat voer aan Loggenberg het die beeste onwettig aan dié boere verkoop.

Beleggers het glo 2 500 beeste verloor wat in Loggenberg se sorg was.

Adv. Jacques Harrington kla aan, Johan le Grange tree vir Loggenberg op en regter Celéste Reinders hoor die saak aan.

Die verhoor duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.