Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Min krag vir gewag

Chaos het in Kroonstad en omgewing geheers nadat ’n nuwe diensverskaffer se rekenaarstelsel vir koopkrag nie verbruikers se koopkragkaarte by kooppunte erken het nie.

Die diensverskaffer moes van Vrydag (01/11) af diens lewer.

Daar was egter groot verwarring toe die rekenaarstelsel nie die kaarte en inligting van die verbruikers by verskillende koop­punte wou erken nie.

Boonop was daar verbruikers wat in besit is van ou kragmeters wat met nuwes vervang moet word.

Dit het groot paniek onder inwoners gesaai en die Moqhaka-munisipaliteit moes inspring om noodvoorsorgmaatreëls in te stel.

“Die probleem het in die eerste plek ontstaan weens swak beplanning, asook die feit dat die munisipaliteit inwoners nie genoegsame kennisgewing gegee het dat daar ’n oponthoud kan wees nie. Dan is daar nog ou meters wat vervang moet word,” sê raadslid Chris Dalton.

Dalton moes self van Vrydag tot Saterdag om 02:00 by ’n kooppunt wag om krag te koop. Inwoners het Saterdag en Sondag noodgedwonge ure in lang rye gestaan om krag te bekom.

“Bejaardes, gestremdes en pasiënte wat van suurstofmasjiene afhanklik is, was genoodsaak om alternatiewe reëlings te tref,” sê raadslid Jean Hattingh.

“Mense is aangesê om bewys van identiteit te gee voordat hulle krag koop. Dit het die proses baie tydsaam gemaak,” sê sy.

Dalton het sy dank teenoor die mu­nisipale werkers wat ingespring het om die krisis te probeer afweer, uitgespreek, maar meen steeds die krisis kon vermy geword het indien die korrekte beplanning gedoen is.

Maandagoggend (04/11) was daar van vroeg af toue mense by die Moqhaka-munisipaliteit in die hoop om die probleem uit te sorteer.

  • het navrae aan die Moqhaka-munisipaliteit gerig en wag nog op terugvoering.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.